VGKSA SARON: VAKATURE-VOLTYDSE LERAAR

Die kerkraad en gemeente van die Verenigende Gereformeerde Kerk (VGK) SARON Gemeente maak in afhanklikheid van en in afwagting op God die vakature van ‘n leraarspos aan die breë kerk bekend.

GEMEENTEPROFIEL

VGK-Saron  is een van die oudste gemeentes in die Ring van Tulbagh. Dit is ‘n plattelandse dorpie met 3,309 lidmate en 1,713 dooplidmate. Die samestelling van lidmate bestaan uit 7 areas wat onderverdeeld is in 22 wyke. Badisa funksioneer binne die gemeentegrense. Die gemeente is vir die afgelope 3 jaar vakant en sien met reikhalsende verlange daarna uit om deur ‘n leraar na nuwe hoogtes begelei te word.

LERAARSPROFIEL

  • ‘n Persoon wat na aan die Here lewe
  • ‘n  Skrifgetroue prediker
  • ‘n Persoon wat goed in spanverband kan saamwerk

BEHOEFTES BINNE DIE GEMEENTE

HuisbesoekeInnoverende bestuursvaardighede t.o.v. sterk leierskap, administratiewe en finansiële aangeleenthede
Geestelike vernuwing binne die gemeenteSamewerkende bediening tussen Kerkraad en Gemeente
Bejaarde-sorgSkeppende en vernuwende idees om die gemeente te konsolideer en verder uit te bou
Fasilitering van effektiewe en vernuwende JeugbedieningDeernis en Uitreiking aan noodleidende lidmate

VERGOEDING

  • ‘n Salaris en pensioen wat gebaseer is op die skale soos deur VGK Streeksinode Kaapland bepaal.
  • ‘n Vervoertoelaag ook gebaseer volgens die riglyne deur die Streeksinode Kaapland neergelê.
  • ‘n Vrye woning met beperkte elektrisiteit, telefoondienste en waterverbruik.
  • ‘n Aandeel (50%) in die Belhar Pensioenfonds.
  • 50% bydrae van ‘n ooreengekome mediesefonds bydrae.

AANSOEKE

  • Alle aansoeke moet vergesel word van ‘n volledige CV en dekbrief, sowel as die name van ten minste TWEE referente met kontakbesonderhede.
  • Aansoeke kan per E-POS ([email protected]) na die kerkkantoor gestuur word nie later as Vrydag 30 April 2021 nie. Die laatste om HALF-DRIE (14:30) die middag.
  • Kandidate moet beskikbaar wees vir ‘n onderhoud en ‘n preekbeurt op eie onkoste.
  • Vir verdere navrae, kontak die KONSULENT(DS. SHALDON JULIES) [email protected]  of  [email protected]

DIE KERKRAAD BEHOU DIE REG VOOR OM NIE UIT DIE AANSOEKE ENIGSINS ‘N AANSTELLING TE MAAK NIE.