Alle leraars word weer vriendelik uitgenooi om aansoek te doen vir die vakature: Voltydse Leraar: VGK De Aar-Oos Gemeente. Alle aansoeke kon nie ontvang word nie as gevolg van die heengaan van ons geliefde skriba. Die sluitingsdatum is daarom verleng na 31 Maart 2021 vir u om weer u aansoek in te dien soos gestipuleer in die advertensie hieronder.