Vlnr: Sam van der Merwe (NG Dias – seun van wyle prof van der Merwe van Sendingwetenskap by US), Siyavuya Makawula (Jeug- en gemeentewerker by Zithulele); Phillip Venter (voorsitter – Dias Trust)

‘n Groot vuur brand net as daar ‘n lekker klomp hout op ‘n hoop saam vlamvat. Daarom is vennootskappe so belangrik.

Die Zithulele-vennootskap (http://getuienis.christians.co.za/zithulele-vennootskap/) bestaan tans uit die VGK Zithulele en die NG kerke van Kenridge, Sonstraal, Somerstrand, Dias en Joubertina. Hulle werf graag nuwe nuwe vennote, bv Durbanville-Bergsig.

Tydens hul Februarie-besoek by Zithulele was die Dias Trust-trustees ook saam vir die vergadering.

Die besoeke wat vir 2018 beplan is:

23 Junie tot 8 Julie (week 1 geanker deur NGK Kenridge; week 2 geanker deur NGK Durbanville-Bergsig). Besoekers is welkom om saam te gaan met die oog op bevestiging en uitbreiding van die vennootskap: Kontak Johann du Plessis by [email protected].

Die ander week is in September/Oktober (geanker deur NGK Sonstraal) – besoekers kan Andries Cilliers kontak by [email protected].

Tydens besoeke word verskillende projekte aangepak, nl. ’n winterskool by Sea View Sekondêre Skool (vir Graad 11), leesprojekte vir laerskoolkinders (saam met Axium), skakeling met die gemeente (vroue- en jeugprojek, asook eredienste) en bouprojekte.

Kontak Andries Cilliers kontak by [email protected] vir meer inligting.