SA Gestig, Langstraat, Kaapstad

Die VGK SA Gestig (Belhar) het weer vir die eerste keer sedert 1975 ʼn erediens gehou in hulle eertydse kerkgebou – die historiese SA Sendinggestig Museum in Langstraat, Kaapstad. Hierdie erediens was die afskop van ʼn jaarlange viering van hulle 219de verjaarsdag in aanloop tot die 220ste verjaarsdag op 22 April 2019. Die SA Sendinggestig is die oudste inheemse sendingkerk-gebou in Suid-Afrika en die tweede oudste kerkgebou in Kaapstad. Die erediens is gelei deur dr. Llewellyn MacMaster, predikant van die VGK SA Gestig (Belhar).

https://kaapkerk.co.za/vgk-sa-gestig-vier-ryke-geskiedenis/

To read about the history of the church visit:
https://en.wikipedia.org/wiki/South_African_Sendinggestig_Museum