Die skepping behoort op ons gebedslys te wees – ook in ons eredienste. Hier is ‘n gebed wat ons kan gebruik om mee dankie te sê.
LIED OOR DIE HEERLIKHEID VAN DIE SKEPPING*
Voorganger Vir grond en see en lug in die harmonie van kleure,
Almal sê ons dankie, o God.
Voorganger Vir die Asem van die ewige wat deur ons aardse bestaan waai,
Almal sê ons dankie, o God.
Voorganger Dat U u oneindige heerlikheid in ons tydelikheid kom uitstort,
Almal sê ons dankie, o God.
Voorganger Vir die glansryke natuur, diere wat groei, gesaaides wat ontkiem, voëls wat sing, die energie van die stad,
Almal sê ons dankie, o God.
Voorganger Vir Hom wat U gestuur het om ons te herstel toe ons uit die goedheid van U skepping geval het,
Almal sê ons dankie, o God.
Voorganger Vir U Gees wat oor die onstuimige waters van ons lewens waai, en so vir ons heling en rus bring,
Almal sê ons dankie, o God.
Voorganger Dat U ons seën deur ons lewens volgens die ritme van U getye te laat vloei,
Almal sê ons dankie, o God.
Voorganger Dat U elkeen van ons in die wentelbaan van U liefde plaas – soos die sterre in die hemelruim,
Almal sê ons dankie, o God. Amen.
* Hierdie gebed kom uit Daaglikse gebedsritmes vir die week wat beskikbaar is as e-boek by www.communitas.co.za.